March 18, 2007 Susann

hoe kan ‘n vlerklose engel vlieg?waarnatoe gaan die engel dan?wat doen die engel dan?Die Heer weet alleen.kan ‘n hartverlore persoon nog liefhê?voortbestaan?en aangaan?Die Heer weet alleen,En die tyd sal leer.

March 18, 2007 Susann

as ek maar ‘n voëltjie waskon ek dalk vlieg – as my vere nie geknip is.nou is ek ‘n mens,sielsongelukkig in my eie kou.was ek maar ‘n arendwat op lugstrome kon sweefnou is ek eenvoudig mensvasgeklampas ek maar kon vlug –deure vaskettingvensters toespyker,sou ek dalk kon asemhaalmaar nou is ek eenvoudig mensmet geen eie lewe net ‘n mens

March 18, 2007 Susann

Ek kan weer vlieg!Op die wolkeSaam die vlindersVoor die windEk is weer kind!Op die wolkeSaam die vlindersVoor die windEk, enkelvrou!Op die wolkeSaam die vlindersVoor die windvlinder breek uit kokonstowwerig, gehawenden vlug verder wegna ‘n donker naghoeken verkrummel tot stof…