May 15, 2017 Susann

Dis soos ‘n lied Om te stap in groot Parys Die Eiffel op te ry met hysbakke waardeur jy ver kan sien Prente van bo te neem oor wit landskap Te voel hoe yster tril Die Louvre gevul tot barstens Mona Lisa so mooi met haar klein glimlagmond als onvervangbaar wondermooi In strate langs die Sein staan smouse met oorlogstrommels parysenaars sit in rye na jou gedraai vergaap hul aan mengelmoestoerisgemaal

#eiffeltower #paris #france #latergram #europe #travelblogger #instatravel #travelgram #travel

A post shared by Susann Deysel (@susanndeysel) on

May 5, 2017 Susann

Jy dink jy weet alles, want jy het dit mos gesien op TV, tot jy daar staan, reg voor Stonehenge en sien dis groter en veel meer as wat jy ooit kon droom Die stene staan hoër as jou huis en is swaarder as jou kar dis soos ‘n bullseye op ‘n groen tapyt groot Klipkolomme wat al om die son beweeg speel met die skadus mense laat wonder oor wat hul daar maak

May 3, 2017 Susann

Die plek waar bloubloed nog regeer waar kerke nog toeriste trek en ‘n sambreel jou vergesel waar ondergrondsetreine jou karwei en mense suur lyk dis Londen, plek van Big Ben en die Teems Pas geland uit Afrika met nuwe paspoort in die hand klim ons op ‘n trein na Londen stad Verkyk my aan die paleis, Oog van Londen Vergryp my aan Starbucks en tel my engelse ponde vir geskenke uit die vreemde Die reën verbaas my geen wonder die mense lyk so grys en suur My eerste proe van ‘n vasteland oorkant die see

May 3, 2017 Susann

Ek laat my nie voorsê deur politikus of aktivis Ek laat my nie slegsê deur politikus, landgenoot of uitlander Ek laat my nie bangmaak deur grootprater of skelm Ek weet wie ek is en jy sal my nie vertel dat my mense slegter as jy is Ek weet wie my mense is as jy na een slaan dan staan ons weer saam Ek laat my nie voorsê deur politikus of aktivis wat agtebaks sy eie sakke stop sy eie mense in vuil gehuggies los en vroom vuis in die lug opsweperig weergalm Ek weet wie ek is Ek weet wie…

May 3, 2017 Susann

Staan ek soos ‘n kind En oopmond opkyk na die staalkonstruksie wat op-op-opstrek na die hemel Tussen vier pilare wat wydsbeen staan duisende stukke wat vashou staan ek klein Hysbakkabels wat kreun en mense opvat na die boonste punt koop ek my kaartjie in die skadu van die Eiffel en wag my beurt om opgesleep te word na waar die lug dun en die grond ver is Ek hang so half, arm uitgestrek en lê wit Parys vas Ek blaas die aftog voor dit donker word en sit onder en wag vir die ligtespel

February 7, 2013 Susann

as jou siel hunkerna lande oor die seejou voete brandvir vreemde paaiejou tong kwylvir iets nuutshoe kan jy nie jou tasse pak?as jou siel hunkerom arms uitgestrekmal koue lug te snuifhoe kan jy nie jou tasse pak?as jou voete brandom als te sien wil huppel na nog ‘n plekhoe kan jy nie jou tasse pak?as jou mond droog van lusdroom van ander taalen vreemde koshoe kan jy nie jou tasse pak?

February 7, 2013 Susann

Eendag in die kouedaar op die plein in Moskouwil ek klappertand kykna ‘n sprokieskerkEen nag in die kouedaar in ou Moskouwil ek verruk wordin die BolshoiEendag in die koueop die strate van Moskouwil ek net sit en luisterna wat ek kan sienEen nag in die koueerens in ou Moskouwil ek ook wegslaan saam vreemdtaligesnet een klein Vodka

February 7, 2013 Susann

My Ierlandhoe verlang ek togna jou groen lappies gronden rojale menseMy Ierlandhoe verlang ek togna jou slanke benebedek met halwe lowerMy Ierlandhoe verlang ek tog om jou gebarste vel te streelte luister na jou penniefluitstories en groen sprokiesMy IerlandHoe verlang ek tog! My Ierland,ek weet nie hoe lank nog.

May 18, 2011 Susann

prent om te kleurpapier om te skeurfrommel my weg in ‘n hoekmaaar my hart bly soekprent om te kleurpapier om te skeurbly skeur en skeuren verkleurpapier geskeurprent ontkleur